PRIMA PEKANNEUTPLAAS TE KOOP – VAALHARTS BESPROEIINGSGEBIED, HARTSWATER
Hierdie goed geleë pekanneutplaas is in die gewilde Vaalharts-besproeiingskema naby Hartswater in die Noord-Kaap geleë en bied uitstekende watersekerheid, gevestigde boorde en sterk produksiepotensiaal.
Die eiendom bestaan uit twee titelaktes met ’n totale oppervlakte van ±28.8 ha, waarvan ongeveer 25 ha bewerkbare grond is.
EIENDOMSBESONDERHEDE
2 Titelaktes:
Portion 10A9A (1222) – ±14.40 ha
Portion 10A8A (1223) – ±14.40 ha
Totale oppervlakte: ±28.8 ha
Bewerkbare grond: ±25 ha
BOERDERY & PRODUKSIE
Gevestigde pekanneutboorde van ±24 ha
Seisoenale produksie van pekanneute
Huidige opbrengs van ongeveer 10 ton per jaar
Vrugbare leem- en kleigrond, ideaal vir pekanneutverbouing
WATER & BESPROEIING
8 ha geregistreerde waterregte
Water voorsien vanuit die Vaalharts-besproeiingskema
Gedeelde sementdam met buurplaas en 24 uur toegang tot water
KLIMAAT
Gemiddelde jaarlikse reënval van ±450 mm
KRAG
Geen direkte Eskompunt op die eiendom nie
Elektrisiteit word vanaf die buurplaas voorsien
Afsonderlike elektrisiteitsmeters reeds geïnstalleer
OMHEINING & INFRASTRUKTUUR
Geen eksterne, interne of wildsheining
Geen permanente strukture op die eiendom
Hierdie plaas bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n belegger of produsent wat hul bestaande pekanneutbedryf wil uitbrei binne die bekende Vaalharts-besproeiingsgebied. Met gevestigde boorde, betroubare water en gunstige grondtoestande bied hierdie eiendom uitstekende langtermyn potensiaal.